Genesis 26:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manne van die plek het hom na sy vrou gevra; en hy sê: Sy is my suster, want hy was bang om te sê: Sy is my vrou; sê hy, sodat die manne van die plek my nie vir Rebekka sou doodmaak nie; want sy was mooi om na te kyk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die inwoners navraag doen oor Rebekka, sê hy: “Sy is my suster.” Hy was bang hulle sal hom dalk doodmaak as hulle weet dis sy vrou, want Rebekka was baie mooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die manne van die plek hom na sy vrou vra, antwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou -- anders sal die manne van die plek, so het hy gedink, my miskien doodmaak ter wille van Rebekka; want sy was mooi van aansien. |
| Afrikaans 1983 | Die mense daar het oor sy vrou begin uitvra, en hy het gesê: “Dit is my suster.” Hy was bang om te sê dis sy vrou, want dan sou hulle hom dalk doodmaak oor Rebekka wat 'n baie mooi vrou was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne van die plek het hom oor sy vrou uitgevra. Hy het gesê, “Sy is my suster;” want hy was bang om te sê, “my vrou,” anders, het hy gedink, maak die manne van die plek my dood oor Rebekka. Sy was immers beeldskoon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mans van daardie plek het vrae gevra oor sy vrou Rebekka, en hy het gesê: “Sy is my suster.” Hy wou nie sê dat Rebekka sy vrou is nie. Hy was bang dat hulle hom sal doodmaak en dat hulle sy vrou sal vat, want sy was baie mooi. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het gewonder oor die vrou wat altyd by hom was. “Wie is sy tog?” het hulle gevra. Toe Isak hiervan hoor, het hy bang begin word. Rebekka was baie mooi en Isak wou nie sê dit is sy vrou nie. Hy was bang hulle sal hom doodmaak en Rebekka wegneem. Hy het toe vir die mans gesê Rebekka is sy suster. |