Genesis 26:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal jou nageslag laat vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee; en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal jou nageslag so ontelbaar maak soos die sterre in die lug. Ek sal die hele land aan hulle gee. Jou nageslag sal die draer wees van seën vir al die nasies op die aarde. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseënword; |
| Afrikaans 1983 | Ek sal jou nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel. Ek sal hierdie hele wêreld aan jou nageslag gee, en al die nasies van die aarde sal in jou nageslag geseën wees, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal jou nageslag so talryk maak soos die sterre aan die hemelruim, en aan jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee. Al die nasies van die aarde sal wens om so geseënd te wees soos jou nageslag, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal jou nageslag so baie maak soos die sterre in die lug, en Ek sal vir jou nageslag hierdie hele land gee. Al die volke van die aarde sal My vra om hulle ook te seën soos Ek jou nageslag sal seën. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jou nageslag sal groot wees. Hulle sal so ontelbaar soos die sterre aan die hemel wees. En al die lande rondom jou sal Ek eendag vir hulle gee. Met jou nageslag sal dit so goed gaan dat al die volke rondom hulle deur hulle geseën sal wees. |