Genesis 26:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Esau was veertig jaar oud toe hy Judit, die dogter van Beëri, die Hetiet, en Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet, as vrou geneem het.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hy 40 jaar oud was, het Esau met Jehudit, die dogter van Beëri, ’n Hetiet, getrou. Hy het ook met Basemat, die dogter van Elon, ook ’n Hetiet, getrou. Esau se twee vroue het egter vir Isak en Rebekka baie verdriet besorg.
Afrikaans 1933/1953 Toe Esau veertig jaar oud was, het hy Judit, die dogter van Beëri, die Hetiet, vir hom as vrou geneem, en Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet.
Afrikaans 1983 Toe Esau veertig was, het hy getrou met Jehudit dogter van Beëri, 'n Hetiet, en met Basemat dogter van Elon, 'n Hetiet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Esau veertig jaar oud was, het hy Jehudit, die dogter van Beëri, die Hetiet, as vrou geneem, en ook Basemat, die dogter van Elon, die Hetiet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Esau 40 jaar oud was, het hy getrou met twee vroue. Die een vrou was Jehudit, die dogter van Beëri, en die ander vrou was Basemat, die dogter van Elon. Altwee vroue was Hetiete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Esau 40 jaar oud was, het hy met twee Hetitiese vroue getrou: Judit, die dogter van Beëri, en Basemat, die dogter van Elon.