Genesis 26:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dieselfde dag het die dienaars van Isak gekom en hom vertel van die put wat hulle gegrawe het, en vir hom gesê: Ons het water gekry. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie selfde dag kom rapporteer Isak se slawe oor ’n put wat hulle gegrawe het. “Ons het water gekry!” het hulle gesê. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dieselfde dag kom toe die dienaars van Isak en vertel hom van die put wat hulle gegrawe het, en sê vir hom: Ons het water gekry. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag het Isak se slawe gekom en hom vertel van die put wat hulle gegrawe het. Hulle het vir hom gesê: “Ons het water gekry.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op dieselfde dag het Isak se slawe gekom en hom ingelig oor die put wat hulle gegrawe het. Hulle het vir hom gesê: “Ons het water gekry!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie dag het Isak se slawe na hom toe gekom en hulle het vir hom vertel van nog 'n put wat hulle gegrawe het. Hulle het vir hom gesê: “Ons het water gekry.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op dieselfde dag het Isak se mense hom van ’n put kom vertel. Hulle was nog besig om te grawe toe hulle skielik sterk water gekry het. |