Genesis 26:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het vroeg in die môre opgestaan en vir mekaar gesweer; en Isak het hulle weggestuur, en hulle het in vrede van hom weggegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Vroeg die volgende oggend het hulle onder eed ’n verdrag gesluit. Isak het hulle toe in vrede laat gaan.
Afrikaans 1933/1953 En hulle is die môre vroeg op en het vir mekaar 'n eed gesweer. Daarop het Isak hulle laat gaan, en hulle het in vrede van hom af weggetrek.
Afrikaans 1983 Die volgende môre het hulle vroeg klaargemaak en hulle en Isak het aan mekaar 'n belofte onder eed gemaak. Toe het Isak hulle laat gaan en is hulle in vrede van hom af weg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het vroeg die oggend opgestaan en vir mekaar 'n eed afgelê. Isak het hulle daarna weggesien, en hulle het in vrede van hom af weggegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volgende oggend vroeg het hulle 'n ooreenkoms gemaak. Isak het hulle laat gaan, en hulle het in vrede weggegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vroeg die volgende oggend het hulle opgestaan en ’n ooreenkoms met mekaar gesluit. Isak het hulle gegroet en sy gaste het vertrek. Hulle was bly en gelukkig.