Genesis 26:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vertoef in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee, en Ek sal die eed nakom wat Ek aan jou vader Abraham gesweer het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bly in hierdie land as ’n uitlander. Ek sal met jou wees en jou seën. Ek sal hierdie hele land aan jou en jou nageslag gee, soos Ek aan jou pa, Abraham, beloof het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het. |
| Afrikaans 1983 | Bly 'n tyd lank hier, en Ek sal by jou wees en jou voorspoedig maak. Ek gee hierdie hele wêreld aan jou en jou nageslag. Ek sal die belofte nakom wat Ek met 'n eed teenoor jou vader Abraham afgelê het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Woon as •vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag gee Ek al hierdie lande, en Ek sal die eed wat Ek vir jou vader Abraham afgelê het, gestand doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet in hierdie land woon en 'n vreemdeling wees. Ek sal by jou wees en Ek sal jou seën. Ek sal die hele land vir jou en jou nageslag gee. Ek sal doen wat Ek vir jou pa Abraham belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Bly in die land en trek met jou vee rond. Ek sal saam met jou trek en jou baie voorspoedig maak. Elke plek waar jy kom, sal Ek eendag vir jou en jou kinders gee. Lank gelede het Ek dit al aan jou pa, Abraham, beloof. |