Genesis 26:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) dat jy ons geen kwaad sal aandoen nie, omdat ons jou nie aangeraak het nie, en soos ons jou niks anders as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het; nou is jy die geseënde van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Lê ’n eed af dat jy ons nie kwaad sal aandoen nie, net soos ons jou nie skade berokken het nie. Ons het jou net goed behandel en jou in vrede weggestuur. En kyk hoe seën die Here jou!”
Afrikaans 1933/1953 jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou eenmaal die geseënde van die HERE.
Afrikaans 1983 dat jy ons nie sleg sal behandel nie, net soos ons jou nie benadeel het nie. Ons het net goed aan jou gedoen en jou sonder enige skade van ons af laat weggaan. Dit is so: jy word deur die Here geseën.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet ons nie kwaad aandoen nie, net soos ons nie aan jou geraak het nie, en soos wat ons net goed aan jou gedoen en jou ongedeerd weggestuur het. Jy is nou die geseënde van die Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet belowe dat jy nie slegte dinge sal doen aan ons nie. Ons het ook nie slegte dinge aan jou gedoen nie. Ek was net goed vir jou en ek laat jou in vrede gaan. Almal kan sien dat die Here jou seën.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons wil ’n verbond met jou sluit sodat jy ons nooit sleg sal behandel nie. Toe jy destyds tussen ons gewoon het, was ons nie lelik met jou nie. Ons was goed vir jou en het jou in vrede laat weggaan. Isak, die Here het jou werklik voorspoedig gemaak.”