Genesis 26:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hulle: Ons het beslis gesien dat die HERE met jou is; en ons het gesê: Laat daar tog 'n eed wees tussen ons, tussen ons en jou, en laat ons 'n verbond met jou sluit;
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle antwoord hom: “Dis vir ons duidelik dat die Here met jou is. Daarom het ons gekom om ’n verdrag met jou te sluit.
Afrikaans 1933/1953 Toe antwoord hulle: Ons het duidelik gesien dat die HERE met jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog 'n eed tussen ons wees, tussen ons en jou; en laat ons 'n verbond met jou sluit:
Afrikaans 1983 Hulle het geantwoord: “Ons het baie duidelik gesien die Here is by jou. Ons wil onder eed 'n ooreenkoms met jou aangaan. Ons wil 'n verdrag met jou sluit
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het geantwoord: “Ons het duidelik gesien dat die Here met jou is. Toe dink ons: Daar moet tog 'n ooreenkoms tussen ons wees – tussen ons en jou. Ons wil 'n verdrag met jou sluit:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sê toe vir Isak: “Ons het duidelik gesien dat die Here by jou is en dat Hy jou seën. Toe het ons gedink daar moet 'n ooreenkoms wees tussen ons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Abimelek en sy manne het toe gesê: “Isak, dit is vir ons duidelik dat die Here by jou is. Daarom het ons besluit dat ons met jou ’n ooreenkoms wil maak.