Genesis 26:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het daarvandaan weggetrek en 'n ander put gegrawe; en daarom het hulle nie getwis nie; en hy het dit Rehobot genoem; en hy sê: Want nou het die HERE vir ons plek gemaak, en ons sal vrugbaar wees in die land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het weer verskuif en nog ’n put gegrawe. Hierdie keer het die plaaslike mense hom met rus gelaat. Hy noem toe die put Rehobot, “want,” het hy gesê, “uiteindelik het die Here vir ons ruimte gemaak. Hier sal ons nou voorspoedig wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hy vandaar versit en 'n ander put gegrawe, en daaroor is nie getwis nie. Daarom het hy dit R,hobot genoem en gesê: Ja, nou het die HERE vir ons ruimte gemaak en kan ons vrugbaar wees in die land. |
| Afrikaans 1983 | Van daar af het hy versit en 'n ander put gegrawe, en hulle het nie daaroor gestry nie. Toe noem hy die put “Ruimte”, “want,” het hy gesê, “nou het die Here vir ons ruimte gemaak en in dié land sal ons voorspoedig wees.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het daarvandaan verder getrek en 'n ander put gegrawe, maar daaroor is daar nie gestry nie. Hy het dit Regobot genoem, “want,” het hy gesê, “nou het die Here vir ons ruimte gemaak, en ons sal vrugbaar wees in die land.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Isak het verder getrek en hy het nog 'n put gegrawe. Die skaapwagters het nie gestry oor hierdie put nie. Hy noem die put toe “Oop Plek,” en hy sê: “Nou het die Here vir ons genoeg plek gegee. Dit sal nou met ons goed gaan in hierdie land.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Isak het weggegaan en op ’n ander plek ’n put gaan grawe. Toe niemand daaroor gekla het nie, het hy dit “Ruimte” genoem en gesê: “Die Here het nou vir ons ruimte gemaak. Ons sal baie mense word in dié land.” |