Genesis 26:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het 'n ander put gegrawe en ook daaroor gestry, en hy het dit Sitna genoem.
Afrikaans (NLV) 2011 Isak se mense het toe ’n ander put gegrawe, maar die Filistyne het ook daaroor beswaar gemaak. Isak noem dit toe Sitna.
Afrikaans 1933/1953 Daarop grawe hulle 'n ander put, en daaroor het hulle ook getwis. Daarom het hy dit Sitna genoem.
Afrikaans 1983 Sy slawe het 'n ander put gegrawe, en ook daaroor het die Filistyne klagtes gehad, en toe noem Isak dit “Klagte”.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Isak se slawe het toe 'n ander put gegrawe, maar hulle het ook daaroor gestry. Daarom het Isak dit Sitna genoem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Isak se skaapwagters het nog 'n put gegrawe, maar die skaapwagters van Gerar het nog altyd gekla. Toe noem Isak die put “Klagte.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Isak-hulle het nog ’n put oopgegrawe en weer was daar ’n getwis. Dit was so erg dat hy dit “Klagte” genoem het.