Genesis 26:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die veewagters van Gerar het met die veewagters van Isak getwis en gesê: Die water is ons s'n; en hy het die put Esek genoem; want hulle het met hom getwis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die plaaslike skaapwagters het die fontein vir hulleself toegeëien. “Dis ons water,” het hulle gesê en met Isak se skaapwagters rusie gemaak. Isak noem toe die put Esek omdat hulle daaroor rusie gemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die herders van Gerar het getwis met die herders van Isak en gesê: Dit is ons water. Daarom het hy die put Esek genoem, omdat hulle met hom onenigheid gehad het. |
| Afrikaans 1983 | Toe stry die skaapwagters van Gerar met dié van Isak en sê: “Dié water behoort aan ons.” Isak het toe die put “Rusie” genoem, omdat hulle daar met hom rusie gemaak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die herders van Gerar het met Isak se herders gestry en gesê: “Die water behoort aan ons!” Hy het toe die put Esek genoem, omdat hulle daaroor rusie gemaak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die skaapwagters van Gerar het gestry met Isak se skaapwagters. Hulle het gesê: “Dit is ons water!” Isak noem toe die put “Stryery,” omdat hulle daar met sy skaapwagters gestry het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Hewige rusie het tussen die mense van Gerar en Isak se herders ontstaan. Gerar se mense het gesê: “Dit is ons water hierdie.” Isak het die put toe “Rusie” genoem omdat hulle daar met hom rusie gemaak het. |