Genesis 26:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die dienaars van Isak het in die dal gegrawe en daar 'n put met fontein gekry. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy skaapwagters het ook in Gerarlaagte gegrawe en ’n sterk fontein gekry. |
| Afrikaans 1933/1953 | En terwyl die dienaars van Isak in die dal grawe, vind hulle daar 'n put met lewendige water. |
| Afrikaans 1983 | Isak se slawe het 'n put gegrawe in die spruit en sterk water gekry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl die slawe van Isak in die dal grawe, kom hulle toe daar in 'n put af op 'n wateraar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Isak se slawe het 'n put gegrawe in 'n vallei en hulle het baie water gekry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Isak se mense besig was om in die vallei te grawe, het hulle op ’n put met fonteinwater afgekom. |