Genesis 26:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Isak het weer die waterputte gegrawe wat hulle gegrawe het in die dae van sy vader Abraham; want die Filistyne het hulle gestop ná die dood van Abraham, en hy het hulle name genoem na die name waarmee sy vader hulle vernoem het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die putte wat sy pa gegrawe het, maar wat die Filistyne ná Abraham se dood toegegooi het, weer oopgegrawe. Isak het dieselfde name vir die putte gegee as wat Abraham vir hulle gegee het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Isak het die putte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, en wat die Filistyne ndie dood van Abraham toegestop het, en dit genoem na die name wat sy vader daaraan gegee het. |
| Afrikaans 1983 | Isak het toe die putte oopgegrawe wat in sy pa Abraham se tyd gegrawe is en wat na Abraham se dood deur die Filistyne toegegooi is. Isak het die name wat sy pa aan die putte gegee het, weer aan hulle gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Isak het die putte wat in die tyd van Abraham, sy vader, gegrawe is, en wat die Filistyne ná die dood van Abraham toegestop het, weer oopgegrawe. Hy het hulle dieselfde name gegee wat sy vader hulle gegee het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Isak het al die putte oopgemaak wat Abraham gegrawe het en wat die Filistyne toegegooi het. Abraham het name gegee vir die putte, en Isak het weer dieselfde name vir die putte gegee. Abraham was toe al dood. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na ’n tydjie het Isak teruggegaan en begin om stuk-stuk al die waterputte oop te grawe wat sy pa se mense nog gegrawe het. Dit was die putte wat die Filistyne na Abraham se dood toegestop het. Isak het hulle dieselfde name gegee as wat sy pa hulle genoem het. |