Genesis 26:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want al die putte wat sy vader se dienaars gegrawe het in die dae van sy vader Abraham, het die Filistyne toegesluit en met grond gevul. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het Isak se putte met grond toegegooi. Dit was putte wat sy pa, Abraham, se slawe nog in sy tyd gegrawe het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En al die putte wat die dienaars van sy vader in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, die het die Filistyne toegestop en met grond opgevul. |
| Afrikaans 1983 | al die putte wat die slawe van sy pa Abraham nog in dié se tyd gegrawe het, toegegooi en opgevul. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die putte wat die slawe van sy vader in die tyd van Abraham, sy vader, gegrawe het, het die Filistyne toegestop en met grond opgevul. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die slawe van Isak se pa Abraham het voorheen putte daar gegrawe, en die Filistyne het al die putte vol grond gegooi. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het toe grond in al Isak se putte gegooi en dit toegestop. Hierdie putte is destyds nog deur sy pa, Abraham, se mense gegrawe. |