Genesis 26:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Isak in daardie land gesaai en in dieselfde jaar honderdvoudig ontvang, en die HERE het hom geseën.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie jaar het Isak ’n baie groot oes gehad. Hy het honderd maal meer geoes as wat hy geplant het, want die Here het hom geseën.
Afrikaans 1933/1953 Isak het toe in die land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën.
Afrikaans 1983 Isak het in daardie gebied gesaai, en daardie jaar het die saad honderdvoudig geskiet. Die Here het hom voorspoedig gemaak,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Isak het in daardie landstreek gesaai, en hy het dié jaar honderdvoudig geoes. So het die Here hom geseën.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Isak het koring gesaai in daardie land en hy het daardie jaar 100 maal meer koring gekry as wat hy gesaai het. Die Here het hom geseën,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Isak het toe in daardie land vir hom grond gekry en begin saai. Die Here het hom geseën en hy het in dieselfde jaar nog uitstekende oeste gehad.