Genesis 26:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar was hongersnood in die land, behalwe die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham was. Isak het na Abimeleg, die koning van die Filistyne, gegaan na Gerar.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Swaar hongersnood het weer die land getref, soos in die tyd van Abraham. Daarom het Isak verskuif na Gerar waar Abimelek, die koning van die Filistyne, gewoon het.
Afrikaans 1933/1953 En daar was hongersnood in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abim,leg, die koning van die Filistyne, na Gerar.
Afrikaans 1983 Na die eerste hongersnood vroeër in Abraham se tyd was daar weer 'n hongersnood in die land. Isak het toe na Gerar toe getrek, na koning Abimelek van die Filistyne toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was hongersnood in die land, afgesien van die eerste hongersnood wat daar was in die tyd van Abraham. Isak het toe na Gerar, na Abimeleg, die koning van die Filistyne, gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was weer hongersnood in die land, soos dit was in die tyd toe Abraham gelewe het. Isak het na Abimelek toe gegaan. Abimelek was die koning van die Filistyne in die land Gerar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was weer hongersnood in die land, net soos in Abraham se tyd. Isak het na die land van die Filistyne getrek en vir eers in Gerar gaan bly. Abimelek was toe die koning.