Genesis 25:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magpela, in die veld van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat voor Mamre lê; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy seuns Isak en Ismael het hom in die grot van Makpela begrawe. Dit is naby Mamre en op die grond van Efron, seun van Sogar, die Hetiet. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magp,la, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê, |
| Afrikaans 1983 | Sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die Makpelagrot oos van Mamre op die stuk grond wat vroeër behoort het aan die Hetiet Efron seun van Sogar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Isak en Ismael, sy seuns, het hom begrawe in die grot van Magpela wat oos van Mamre lê, op die grond van Efron, die seun van Sogar, die Hetiet, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die Makpela-grot oorkant Mamre. Dit was op die grond wat voorheen behoort het aan Efron die Hetiet. Efron was die seun van Sogar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy twee seuns, Isak en Ismael, het hom gevat en in die Magpelagrot neergelê. |