Genesis 25:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar aan die seuns van die byvroue wat Abraham gehad het, het Abraham geskenke gegee en hulle van sy seun Isak weggestuur, terwyl hy nog gelewe het, ooswaarts, na die oostelike land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Voor sy dood het hy geskenke vir die seuns van sy byvroue gegee en hulle ooswaarts, wég van Isak af, na die land Kedem toe gestuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland. |
| Afrikaans 1983 | maar terwyl Abraham nog geleef het, het hy geskenke aan die seuns van sy byvrouens gegee en die seuns weggestuur na Kedem toe in die ooste, weg van Isak af. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir die seuns van Abraham se byvroue het Abraham geskenke gegee, en hulle nog tydens sy leeftyd van sy seun Isak ooswaarts weggestuur, na die land van die ooste. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abraham het vir die kinders van sy byvrou Ketura presente gegee terwyl hy nog gelewe het, en hy het hulle weggestuur na die ooste, weg van Isak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aan al sy ander seuns het hy geskenke gegee terwyl hy nog geleef het. Hy het hulle ook na verskillende lande in die ooste gestuur sodat hulle nie by Isak sou bly nie. |