Genesis 25:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Jakob vir Esau brood en pan lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en gegaan. So het Esau sy eersgeboortereg verag.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe gee Jakob vir Esau brood en sop. Hy het dit geëet en gedrink en weggegaan asof sy eersgeboortereg vir hom niks beteken nie.
Afrikaans 1933/1953 En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.
Afrikaans 1983 Daarna het hy vir Esau brood en lensiesop gegee, en hy het geëet. Toe hy klaar was, het hy uitgestap. Dit is hoe min Esau gedink het van sy reg as eersgeborene.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jakob gee toe vir Esau brood en die kooksel lensies. Hy het geëet en gedrink, opgestaan en weggegaan. So het Esau sy eersgeboortereg geminag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob het vir Esau brood en die lensiesop gegee. Esau het dit geëet en hy het opgestaan en geloop. So het Esau sy regte weggegee. Dit was nie vir hom belangrik nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob het toe vir Esau ’n stuk brood gegee en van die heerlike lensiebredie vir hom uitgeskep. Esau het alles opgeslurp en ook nog iets gedrink. Toe het hy opgestaan en geloop. So het Esau sy eersgeboortereg vir Jakob gegee. Vir ’n lekker bord kos het hy al sy regte en voordele as oudste seun van die familie weggegee.