Genesis 25:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Esau: Kyk, ek is op die punt om te sterwe; en watter voordeel sal hierdie eersgeboortereg my aandoen? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wat maak dit eintlik saak,” antwoord Esau, “ek is tog op die punt om van honger te sterf. Wat beteken my eersgeboortereg dan vir my?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan? |
| Afrikaans 1983 | Esau het geantwoord: “Ek gaan tog sterf. Wat baat dit my om die eersgeborene te wees?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Esau: “Kyk, ek is op die punt om dood te gaan; wat is 'n eersgeboortereg dan vir my werd?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Esau: “Goed. Ek is baie honger. Ek voel ek sal sterf. Die regte sal my niks help wanneer ek dood is nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ag, wat,” het Esau gesê, “jy kan maar alles vat. Ek is tog aan die doodgaan en nou help al daardie regte en voordele my net mooi niks. So, vat dit vir jou.” |