Genesis 25:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop sê Esau vir Jakob: Laat my tog van daardie selfde rooi drankie proe; want ek is moeg. Daarom is sy naam Edom genoem.
Afrikaans (NLV) 2011 Esau sê toe vir Jakob: “Gee my tog van daardie rooi goed, want ek wil doodgaan van die honger.” Dis hoe Esau sy ander naam, Edom — wat “rooi” beteken — gekry het.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem.
Afrikaans 1983 en sê vir Jakob: “Laat my gou van die rooi goed wegsluk, van daardie rooi goed. Ek is doodmoeg!” Daarom is hy Edom genoem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Esau sê toe vir Jakob: “Gee my asseblief 'n sluk van die rooi goed, hierdie rooi goed, want ek is uitgeput.” (Daarom word hy Edom genoem.)
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Esau sê toe vir Jakob: “Ek is baie honger. Gee my asseblief van daardie rooi sop van jou.” Daarom het hulle Esau ook Edom genoem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en sê toe vir Jakob: “Ek is uitgeput en honger. Gee my tog so ’n ietsie van jou lekker kos, van die rooi goed wat jy daar het.” Toe Esau gebore is, was hy mos so rooierig en dit is waarom hulle hom Esau genoem het.