Genesis 25:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Joksan was die vader van Skeba en Dedan. En die seuns van Dedan was Assuriete, Letusiete en Leummiete.
Afrikaans (NLV) 2011 Joksan se twee seuns was Skeba en Dedan. Die inwoners van Assur, Letus en Leüm was die nageslag van Dedan.
Afrikaans 1933/1953 En Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en Lemmiete.
Afrikaans 1983 Joksan was die vader van Skeba en Dedan. Die mense van Assur, Letus en Leüm was die nasate van Dedan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Joksan het Skeba en Dedan verwek. Die nageslag van Dedan was die Assuriete, die Letusiete en die Leümiete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joksan was die pa van Skeba en Dedan. Dedan se nageslag was die mense van Assur, Letus en Leüm.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joksan was die pa van Skeba en Dedan. Die mense van Assur, Letus en Leüm was almal die nageslag van Dedan.