Genesis 25:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jakob het sooi gemaak, en Esau het uit die veld gekom, en hy was moeg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eendag was Jakob besig om sop te kook. Esau het doodmoeg van die veld af teruggekom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jakob het 'n kooksel klaargemaak en Esau het moeg uit die veld gekom. |
| Afrikaans 1983 | Op 'n dag terwyl Jakob lensiesop aan die kook was, kom Esau doodmoeg uit die veld daar aan |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob was besig om 'n gereg gaar te maak, toe Esau van die veld af kom – hy was uitgeput. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Eendag was Jakob besig om sop te kook. Esau het van die veld gekom en hy was baie moeg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag het Jakob heerlike kos gemaak. Esau daag toe uit die bloute daar op. Hy was moeg en honger |