Genesis 25:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Isak het Esau liefgehad, omdat hy van sy wildsvleis geëet het, maar Rebekka het Jakob liefgehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Isak het ’n voorkeur vir Esau gehad oor die wildsvleis wat hy vir hom gebring het. Rebekka weer, was liewer vir Jakob. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad. |
| Afrikaans 1983 | Isak het vir Esau voorgetrek, want Isak het van wildsvleis gehou. Rebekka weer het vir Jakob voorgetrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Isak het van Esau gehou, want wildsvleis was na sy smaak; Rebekka, daarenteen, het van Jakob gehou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Isak was meer lief vir Esau, want Isak het gehou van wildsvleis. Maar Rebekka was meer lief vir Jakob. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Isak was mal oor Esau, omdat hy altyd vir sy pa sulke lekker wildsvleis gemaak het. Rebekka weer was erg oor Jakob, haar huiskind. |