Genesis 25:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die seuns het grootgeword, en Esau was 'n geslepe jagter, 'n man van die veld; en Jakob was 'n eenvoudige man wat in tente gewoon het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die seuns het groter geword. Esau was ’n bekwame jagter, iemand van die veld. Jakob, weer, het verkies om rustig tuis te bly.
Afrikaans 1933/1953 En die seuns het opgegroei: Esau het 'n ervare jagter geword, 'n man van die veld; maar Jakob was 'n vredeliewende man wat in tente gewoon het.
Afrikaans 1983 Die seuns het grootgeword. Esau was 'n ervare jagter, 'n man van die veld; Jakob was 'n rustige mens, hy het tuis gebly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die seuns het opgegroei. Esau het 'n knap jagter geword, 'n man van die veld; en Jakob was 'n fatsoenlike man wat in tente gewoon het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die seuns het grootgeword, en Esau kon goed jag. Hy het gehou van die veld. Jakob was 'n rustige man en hy het geboer met skape en bokke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Albei seuns het grootgeword. Esau was ’n natuurmens en ’n goeie jagter, en hy het graag buite gekom. Hy het mettertyd die jagkuns aangeleer en ’n vaardige jagter geword. Jakob was heeltemal anders. Hy was ’n eenkantmens wat graag sy tyd in die tent deurgebring het.