Genesis 25:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daarna het sy broer uitgekom, en sy hand het Esau se hakskeen gegryp; en sy naam is Jakob genoem, en Isak was sestig jaar oud toe sy hulle gebaar het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy broer is ná hom gebore terwyl hy die hak van Esau vashou. Toe noem hulle hom Jakob. Isak was 60 jaar oud toe die tweeling gebore is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte. |
| Afrikaans 1983 | Sy broer is na hom gebore en dié se hand het aan Esau se hakskeen vasgehou. Hy is Jakob genoem. Isak was sestig jaar oud toe hulle gebore is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het sy broer uitgekom, met sy hand wat aan Esau se hakskeen vashou. Hulle het hom toe Jakob genoem. Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna is sy broer gebore. Sy broer se hand het aan Esau se voet vasgehou. Hulle het hom Jakob genoem. Isak was 60 jaar oud toe die twee seuns gebore is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die tweede kind gebore is, was sy een hand om sy broer se enkel. Hulle het hom Jakob genoem. Isak was 60 jaar oud toe hierdie twee seuns gebore is. |