Genesis 25:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe haar dae om te baar, vervul was, was daar 'n tweeling in haar skoot. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die tyd aanbreek, is die tweeling gebore. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar 'n tweeling in haar skoot. |
| Afrikaans 1983 | Toe Rebekka haar kinders in die wêreld bring, was dit tweelingseuntjies. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe haar tyd aanbreek om geboorte te gee, is daar 'n tweeling in haar moederskoot! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die kinders gebore is, was dit 'n tweeling. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Teen die tyd dat Rebekka geboorte moes skenk, het hulle ontdek daar is ’n tweeling op pad. |