Genesis 25:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir haar: Twee nasies is in jou skoot, en twee soorte mense sal uit jou ingewande geskei word; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste moet die jongste dien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here antwoord haar: “Die twee seuns wat jy verwag, sal twee nasies word wat teen mekaar wedywer. Die een sal sterker wees as die ander. Die nageslag van die oudste sal die nageslag van die jongste dien.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien. |
| Afrikaans 1983 | en Hy het vir haar gesê: “Daar is twee nasies in jou, twee volke uit jou sal van mekaar geskei word. Een sal sterker wees as die ander, die oudste sal die jongste dien.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir haar gesê: “Twee nasies is in jou moederskoot, en twee volke – uit jou liggaam sal hulle uitmekaar gaan. Die een volk sal sterker wees as die ander volk, en die oudste sal die jongste dien.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir haar gesê: “Die twee kinders in jou sal mekaar se vyande word. Hulle sal twee volke word. Die een volk sal sterker wees as die ander volk, en die oudste sal die jongste dien.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het geantwoord: “Twee volke stoei in jou skoot. Twee volke sal uit jou kom. Die een sal egter sterker as die ander een wees. Die oudste broer sal die jongste een dien.” |