Genesis 25:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die kinders het saam in haar gestry; en sy sê: As dit so is, waarom is ek so? En sy het gegaan om die HERE te raadpleeg.
Afrikaans (NLV) 2011 Die twee kinders het in haar teen mekaar gestamp. Sy het gewonder: “Hoekom gebeur so iets met my?” Sy raadpleeg toe die Here.
Afrikaans 1933/1953 En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg.
Afrikaans 1983 Die kinders het in haar teen mekaar gestamp, en toe sê sy: “Waarom gebeur so iets met my?” Sy het toe die Here gaan raadpleeg,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die kinders in haar het mekaar weggestoot. Toe sê sy: “As dit so is, waarom moet juis ek dit oorkom?” Sy het gegaan om die Here te raadpleeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die kinders in haar het baie teen mekaar geskop, en sy het gesê: “Hoekom skop die kinders so?” Sy het gaan bid en vir die Here gevra hoekom dit gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy het ’n kind verwag, maar Rebekka het swaargekry. Dit was of die twee kinders binne-in haar heeltyd teen mekaar stamp. So erg was dit dat Rebekka naderhand gesê het: “As dit so moet aanhou, hoekom lewe ek?” Sy het gebid en die Here gevra wat sy moet doen.