Genesis 25:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Isak het tot die HERE gebid vir sy vrou, omdat sy onvrugbaar was; en sy vrou Rebekka het swanger geword.
Afrikaans (NLV) 2011 Rebekka was kinderloos. Daarom het Isak by die Here gepleit vir ’n kind. Die Here het sy gebed verhoor en sy vrou het swanger geword.
Afrikaans 1933/1953 En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het.
Afrikaans 1983 Isak het tot die Here gebid oor sy vrou, want sy was kinderloos. Die Here het sy gebed verhoor, en sy vrou Rebekka het swanger geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Isak het by die Here gepleit ter wille van sy vrou, want sy was onvrugbaar. Die Here het hom verhoor, en Rebekka, sy vrou, het swanger geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Isak het tot die Here gebid oor sy vrou, want sy kon nie kinders kry nie. Die Here het geluister na sy gebed, en sy vrou Rebekka het swanger geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Rebekka kon egter nie kinders hê nie. Isak het toe baie vir sy vrou gebid en die Here het sy gebede verhoor.