Genesis 25:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het gewoon van Háwila af tot by Sur, wat voor Egipte lê, terwyl jy na Assirië trek; en hy het gesterwe voor al sy broers. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ismael se nageslag was oor die land versprei vanaf Gawila tot by Sur, oos van Egipte, in die rigting van Assur. Die familiegroepe het in konflik met mekaar gelewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het gewoon van H wila tot by Sur wat oos van Egipte lê in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig. |
| Afrikaans 1983 | Sy nageslag het gewoon in die gebied van Gawila af tot by Sur, oos van Egipte in die rigting van Assur, en hulle het met al Ismael se broerskinders oorlog gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ismael se nageslag het gewoon van Gawila af tot by Sur, wat oos van Egipte lê in die rigting van Assirië. Aan die oostekant van al sy bloedverwante het hy hom gevestig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ismael se nageslag het tussen Gawila en Sur gewoon. Sur was oos van Egipte naby Assur. Ismael het weg van sy familie gaan woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy nageslag het oor ’n wye gebied gebly, van Gawila af tot by Sur oos van Egipte en in die rigting van Assur. Ismael en sy kinders het teen almal in hierdie gebiede oorlog gemaak. |