Genesis 25:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die seuns van Ismael, en dit is hulle name, volgens hulle dorpe en hulle kastele; twaalf vorste volgens hulle nasies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie is die seuns van Ismael en ook die name van hulle nedersettings en blyplekke — twaalf heersers van die stamme wat na hulle vernoem is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die seuns van Ismael, en dit hulle name, in hulle dorpe en laers, twaalf vorste volgens hulle volkstamme. |
| Afrikaans 1983 | Die name van hierdie seuns van Ismael is ook gegee aan hulle nedersettings en blyplekke. Hulle was die twaalf leiers van hulle stamme. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was die nageslag van Ismael, en dit was hulle name – twaalf leiers van hulle stamme in hulle gehuggies en kampe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is die name van Ismael se twaalf seuns. Hulle was leiers van hulle families en stamme. Hulle het in kampe en klein dorpies gewoon. Die plekke en die seuns het dieselfde name gehad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie name van Ismael se seuns is ook aan hulle woongebiede en blyplekke gegee. Hulle was die twaalf leiers van twaalf stamme. |