Genesis 25:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het: daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is die stuk grond wat Abraham van die Hetiete gekoop het en waar hy sy vrou Sara begrawe het.
Afrikaans 1933/1953 die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara.
Afrikaans 1983 Abraham het hierdie stuk grond by die Hetiete gekoop, en hy en sy vrou Sara is albei daar begrawe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) die grond wat Abraham van die Hetiete gekoop het. Daar is Abraham begrawe, en ook Sara, sy vrou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abraham het voorheen hierdie stuk grond gekoop by die Hetiete en hy het sy vrou Sara daar begrawe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is die grot op die grond van Efron, seun van Sohar, die Hetiet, digby Mamre wat Abraham destyds by die Hetiete gekoop het. Daar het Abraham se seuns hom langs Sara begrawe.