Genesis 24:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die dienaar het sy hand onder die heup van Abraham, sy heer, gelê en vir hom 'n eed oor die saak gesweer.
Afrikaans (NLV) 2011 Die slaaf het toe ’n eed afgelê dat hy Abraham se voorskrifte sou uitvoer.
Afrikaans 1933/1953 Toe lê die dienaar sy hand onder die heup van Abraham, sy heer, en hy het vir hom gesweer, met die oog op hierdie saak.
Afrikaans 1983 Toe het die slaaf sy hand onder die heup van Abraham, sy eienaar, gesit en vir hom met 'n eed beloof om dit alles te doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die slaaf het toe sy hand onder Abraham, sy heer, se heup geplaas en vir hom 'n eed afgelê oor hierdie saak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die slaaf sit toe sy hand onder sy eienaar Abraham se heup en hy belowe dat hy sal doen wat Abraham gevra het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die werker het sy hand op Abraham se heup gesit en hom opreg beloof om te doen wat hy gevra het.