Genesis 24:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as die vrou nie gewillig is om jou te volg nie, dan moet jy van hierdie my eed ontslae raak: bring net my seun daarheen nie terug nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar as sy onwillig is om saam met jou terug te kom, sal hierdie eed jou nie meer bind nie. Maar jy mag my seun nie daarheen terugneem nie.”
Afrikaans 1933/1953 Maar as die vrou jou nie wil volg nie, dan is jy ontslae van hierdie eed aan my. Jy moet net my seun nie weer daarheen bring nie.
Afrikaans 1983 As die vrou nie saam met jou hierheen wil kom nie, is jy vrygestel van hierdie verpligting. Maar jy mag nie my seun laat teruggaan nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As die vrou jou nie wil volg nie, is jy vry van hierdie eed teenoor my. My seun mag jy net nie daarheen terugneem nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As die vrou nie saam met jou wil kom nie, dan kan jy nie doen wat jy belowe het nie. Maar jy moet nooit my seun daarnatoe laat teruggaan nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die jongmeisie nie wil saamkom nie, hoef jy nie verder te soek nie. Dan is jy vry van jou belofte aan my. Jy moet tog net nie my seun daarheen neem nie.”