Genesis 24:67 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Isak het haar in die tent van sy moeder Sara ingebring en Rebekka genoem, en sy het sy vrou geword; en hy het haar liefgehad, en Isak is getroos ná sy moeder se dood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het Isak Rebekka na sy ma se tent gebring en sy het sy vrou geword. Hy was baie lief vir haar en sy was vir hom ’n groot troos ná die dood van sy ma. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Isak het haar in die tent van sy moeder Sara ingebring en Rebekka geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het haar liefgehad. So is Isak dan getroos ndie dood van sy moeder. |
| Afrikaans 1983 | Isak het vir Rebekka in die tent van Sara, sy ma, laat woon en met Rebekka getrou. Sy was sy vrou en hy het haar liefgehad. So is Isak vertroos ná sy ma se dood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Isak het haar in die tent van Sara, sy moeder, ingeneem. Hy het Rebekka geneem en sy het sy vrou geword, en hy het haar liefgehad. Isak is so getroos ná die dood van sy moeder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Isak het vir Rebekka na sy ma Sara se tent gebring. Hy het met Rebekka getrou. Hy het lief geword vir haar, en toe sy ma sterf, was Rebekka daar om by hom te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Isak het Rebekka na sy ma se tent toe gevat en hy het met haar getrou. Isak het haar liefgekry. Haar liefde het hom getroos omdat hy nog hartseer was oor sy ma se dood. |