Genesis 24:65 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want sy het vir die dienskneg gesê: Watter man is dit wat in die veld ons tegemoet loop? En die dienaar het gesê: Dit is my heer; daarom het sy 'n sluier geneem en haar toegemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wie is daardie man wat deur die veld na ons toe aankom?” vra sy vir die slaaf. Toe hy sê: “Dit is my meester,” bedek sy haar gesig met haar sluier. |
| Afrikaans 1933/1953 | en aan haar dienaar gesê: Watter man is dit wat ons tegemoetloop in die veld? En die dienaar antwoord: Dit is my heer. Toe neem sy die sluier en bedek haar. |
| Afrikaans 1983 | en vir Abraham se slaaf gevra: “Wie is die man wat daar oorkant in die veld na ons toe aankom?” Die slaaf het geantwoord: “Dis my eienaar.” Toe vat sy haar sluier en trek dit oor haar gesig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en vir die slaaf gevra: “Wie is daardie man wat ons in die veld tegemoetkom?” Die slaaf het geantwoord: “Dit is my heer!” Toe neem sy haar sluier en bedek haarself. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en vir die slaaf gevra: “Wie is daardie man wat in die veld na ons toe aankom?” Die slaaf het gesê: “Dit is my eienaar.” Rebekka het toe haar gesig toegemaak met 'n sluier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wie is die man daar anderkant? Die een wat nou na ons toe aangestap kom?” “Dit is die man vir wie ek werk,” het hy gesê. Toe vat Rebekka haar sluier en maak haarself toe. |