Genesis 24:61 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Rebekka en haar meisies het opgestaan en op die kamele gery en die man gevolg; en die dienaar het Rebekka geneem en weggegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het Rebekka en haar slavinne op die kamele geklim en saam met Abraham se slaaf vertrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Rebekka en haar diensmeisies hulle klaargemaak en op die kamele weggery en die man gevolg. So het die dienaar dan Rebekka saamgeneem en weggetrek. |
| Afrikaans 1983 | Toe het Rebekka en haar slavinne op die kamele geklim en agter die man aan gegaan. Hy het haar saamgevat en hy is terug huis toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Rebekka en haar diensmeisies het gereedgemaak, op die kamele geklim en die man gevolg. So het die slaaf Rebekka geneem en vertrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Rebekka en haar slavinne het toe gereedgemaak. Hulle het op die kamele geklim en saam met die man gegaan. So het die slaaf dit reggekry dat Rebekka met hom saamgegaan het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het Rebekka en almal saam met haar op die kamele geklim en hulle is saam met die man weg. Dit is dan die verhaal van hoe die werker Rebekka gevat het en haar gebring het. |