Genesis 24:60 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het Rebekka geseën en vir haar gesê: Jy is ons suster, wees die moeder van duisende van miljoene, en laat jou nageslag die poort van dié wat hulle haat, in besit neem.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het haar geseën met die volgende seën: “Ons suster, mag jou nageslag tienduisende word; mag jou afstammelinge die stede van hulle vyande oorwin.”
Afrikaans 1933/1953 En hulle het Rebekka geseënen aan haar gesê: Ons suster, mag jy duisende van tien duisende word, en mag jou nageslag die poort van sy vyande in besit neem!
Afrikaans 1983 Hulle het vir Rebekka met seënwense gegroet en vir haar gesê: “Ons suster, mag jou nageslag tienduisende word, mag hulle die stede van hulle vyande verower!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het Rebekka geseën en vir haar gesê: “Ons suster, mag jy duisend maal tienduisende word, en mag jou nageslag die poorte van hulle vyande in besit neem.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het Rebekka gegroet en vir haar gesê: “Ons suster, ons bid dat die Here jou sal seën, sodat jou nageslag baie duisende sal wees, sodat hulle ook al hulle vyande se stede sal oorwin.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal het vir oulaas om Rebekka gestaan en gesê: “Ons suster, mag jy baie kinders hê, duisend maal tien duisend kinders. En mag jou nageslag sterk wees, sterk genoeg om die vyand se stede te oorwin.”