Genesis 24:56 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hulle: Verhinder my nie, aangesien die HERE my weg voorspoedig gemaak het; stuur my weg dat ek na my heer kan gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar hy sê: “Moet my nie ophou nie. Die Here het my reis suksesvol gemaak. Laat my toe om na my meester terug te gaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy antwoord hulle: Moet my nie ophou nie aangesien die HERE my weg voorspoedig gemaak het; laat my trek, dat ek na my heer kan gaan. |
| Afrikaans 1983 | Maar die slaaf het hulle geantwoord: “Moet my nie ophou nie. Die Here het my in my doel laat slaag. Laat my gaan sodat ek na my eienaar toe kan gaan.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê hy vir hulle: “Moet my nie ophou nie. Dit is die Here wat my reis goed laat afloop het; laat my toe om na my heer te gaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die slaaf sê toe vir hulle: “Julle moet my nie terughou nie. Die Here het my gehelp om reg te kry wat ek moes doen. Julle moet my laat gaan, sodat ek kan teruggaan na my eienaar toe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mense,” het die werker gesê, “julle was baie goed vir my, maar moet my tog nie nou keer nie. Die Here het my gehelp om te doen wat ek moes doen, en nou wil ek so gou moontlik na my meester teruggaan.” |