Genesis 24:54 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het geëet en gedrink, hy en die manne wat by hom was, en die hele nag vertoef; en hulle het die môre klaargemaak en gesê: Stuur my weg na my heer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe eers het die slaaf en die mense saam met hom aandete geëet en daar oorgebly. Vroeg die volgende oggend sê hy: “Stuur my terug na my meester toe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het geëet en gedrink, hy en die manne wat by hom was, en die nag oorgebly. Toe hulle die môre vroeg opgestaan het, sê hy: Laat my trek na my heer! |
| Afrikaans 1983 | Toe het die slaaf en die mense wat by hom was, geëet en daar oornag. Die volgende môre het hulle opgestaan en toe sê hy: “Laat my vertrek na my eienaar toe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het hy en die manne wat saam met hom was, geëet en gedrink, en die nag daar oorgebly. Toe hulle die volgende oggend opstaan, sê hy: “Laat my na my heer gaan!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy en die ander mans wat by hom was, het geëet en gedrink en gaan slaap. Toe hulle die volgende oggend opstaan, het hy gesê: “Nou wil ek teruggaan na my eienaar toe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het hy en die mans geëet en gedrink en die nag daar oorgebly. Die volgende oggend het die werker gesê: “Ek wil baie graag nou teruggaan.” |