Genesis 24:53 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die dienaar het silwer- en goue juwele en klere uitgebring en dit aan Rebekka gegee; ook aan haar broer en haar moeder het hy kosbare goed gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe haal hy silwer en goue voorwerpe uit, asook klere, en gee dit vir Rebekka. Vir haar broer en haar ma het hy duur geskenke gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het die dienaar silwer-- en goue goed en klere uitgehaal en dit aan Rebekka gegee; ook aan haar broer en haar moeder het hy kosbare geskenke gegee. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die slaaf silwer- en goue goed en klere vir Rebekka gegee, en ook duur geskenke vir haar broer en haar ma. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het die slaaf silwer- en goue voorwerpe en klere uitgehaal en aan Rebekka gegee. Hy het ook kosbaarhede vir haar broer en haar moeder gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het presente van silwer en goud uitgehaal, en ook klere, en hy het dit vir Rebekka gegee. Hy het ook vir haar broer en haar ma duur presente gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het vinnig goue en silwer geskenke gaan haal en dit saam met ’n klomp klere vir Rebekka gegee. Hy het ook geskenke vir haar ma en broers gegee. |