Genesis 24:51 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Rebekka is voor jou, neem haar en gaan, en laat sy die vrou van jou heer se seun wees, soos die HERE gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hier is Rebekka. Neem haar en gaan. Ja, laat sy die vrou word van jou meester se seun soos die Here bepaal het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daar staan Rebekka voor jou, neem haar en gaan heen, dat sy 'n vrou kan wees vir die seun van jou heer, soos die HERE gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | Rebekka is hier by jou. Vat haar saam en gaan terug. Sy moet die vrou word van die seun van jou eienaar. Dit is wat die Here gesê het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, Rebekka is voor jou. Neem haar en gaan, sodat sy 'n vrou kan wees vir jou heer se seun, soos die Here gesê het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hier is Rebekka voor jou. Neem haar en gaan terug, sodat sy die vrou van jou eienaar se seun kan word. Dit is wat die Here gesê het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hier is Rebekka dan. Vat haar saam en laat sy met Abraham se seun Isak trou, soos die Here gesê het.” |