Genesis 24:50 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe antwoord Laban en Betuel en sê: Die saak kom van die HERE af; ons kan nie kwaad of goed met jou spreek nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Laban en Betuel het geantwoord: “Dit kom van die Here af. Wat kan ons dan sê?
Afrikaans 1933/1953 Toe antwoord Laban en B,tuel en sê: Van die HERE kom die saak; ons kan jou daar geen kwaad of goed van spreek nie.
Afrikaans 1983 Toe antwoord Laban en Betuel: “Wat gebeur het, is van die Here. Ons het vir jou daaroor niks te sê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laban en Betuel het daarop gereageer en gesê: “Van die Here het die woord uitgegaan; ons kan vir jou nie iets goeds of slegs sê nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Laban en Betuel vir hom: “Hierdie plan kom van die Here. Ons kan nie vir jou ja of nee sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Laban en Betuel het onmiddellik geantwoord: “Hierdie saak is van die Here. Wat ons nou ook al dink of sê, is nie van belang nie, want die Here het alles so laat gebeur.