Genesis 24:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die dienaar vir hom: Miskien sal die vrou nie bereid wees om my na hierdie land te volg nie; moet ek jou seun terugbring na die land waaruit jy gekom het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die slaaf antwoord hom: “Sê nou net ek kry nie ’n jong vrou wat bereid is om saam met my te kom nie? Mag ek Isak dan soontoe neem om weer by u bloedverwante te woon?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die dienaar vir hom: Miskien sal die vrou my nie wil volg na hierdie land nie. Moet ek u seun dan maar terugbring in die land waaruit u weggetrek het? |
| Afrikaans 1983 | Die slaaf het vir Abraham gevra: “En as die vrou nie saam met my hierheen wil kom nie? Moet ek dan u seun laat teruggaan na die land toe waar u vandaan kom?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die slaaf het vir hom gesê: “Miskien wil die vrou my nie volg na hierdie land nie. Moet ek u seun dan maar terugneem na die land waaruit u weggetrek het?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê die slaaf vir Abraham: “Maar miskien sal die vrou nie saam met my na hierdie land wil kom nie. Moet ek dan jou seun laat teruggaan na Mesopotamië, die land van waar jy kom?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abraham se werker was ’n bietjie bekommerd en het gevra: “En sê nou die jongmeisie wil nie saam met my kom nie? Moet ek u seun dan terugvat na die land waarvandaan u kom?” |