Genesis 24:49 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as julle nou vriendelik en waaragtig teenoor my heer wil handel, sê vir my; en so nie, sê vir my; dat ek regs of links kan draai. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nou wil ek graag weet: Sal julle lojaal en getrou wees aan my meester, of nie? Sê vir my ja of nee sodat ek kan weet wat my te doen staan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | As julle dan nou guns en trou aan my heer wil bewys, sê dit vir my; en so nie, sê dit vir my, dat ek regs of links kan gaan. |
| Afrikaans 1983 | “As u nou u verantwoordelikheid as familie teenoor my eienaar wil nakom, sê my dan. As u weier, sê my dit sodat ek kan omdraai, waarheen ook al.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, as julle liefde en trou aan my heer wil bewys, sê dit vir my. Maar indien nie, sê dit dan vir my, sodat ek regs of links kan afdraai.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En nou, as julle goed wil wees vir my eienaar, sê dit vir my. Of as julle nie wil nie, sê dit ook vir my, sodat ek kan weet wat ek moet doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As u vandag my meester eer en liefhet, moet u dit asseblief vir my sê. As u nie so dink nie, moet u dit ook asseblief vir my sê.” |