Genesis 24:48 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het my hoof neergebuig en die HERE aanbid en die HERE, die God van my heer Abraham, geprys, wat my op die regte weg gelei het om die dogter van my heer se broer na sy seun te neem.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het gebuig en die Here aanbid. Ek het die Here, die God van my meester Abraham, geloof omdat Hy my op die regte pad gelei het sodat ek ’n vrou uit die familie van my meester se bloedverwante kon kry.
Afrikaans 1933/1953 en ek het my in aanbidding neergebuig voor die HERE en die HERE geloof, die God van Abraham, my heer, wat my op die regte weg gelei het om die dogter van my heer se broer vir sy seun te gaan haal.
Afrikaans 1983 Ek het gekniel en tot die Here gebid. Ek het Hom, die God van Abraham wie se slaaf ek is, geloof omdat Hy my reg gelei het om die dogter van die broer van my eienaar te kry as vrou vir sy seun.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het gekniel en voor die Here in aanbidding gebuig. Ek het die Here, die God van my heer Abraham, geprys, Hy wat my op die regte pad gelei het om die kleindogter van my heer se broer vir sy seun te verkry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gekniel en ek het die Here, die God van my eienaar Abraham, geprys. Hy het my reg gelei om die dogter van my eienaar se broer vir sy seun te kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het ek in dankbaarheid voor die Here gebuig en Hom geprys. Ek het die God van meneer Abraham geloof omdat Hy my reguit na Rebekka toe gelei het. Ek het Hom geprys omdat ek een van meneer Abraham se eie mense vir Isak as vrou gekry het.