Genesis 24:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy het vir my gesê: Drink jy albei, en ek sal ook vir jou kamele skep; laat dit die vrou wees wat die HERE vir die seun van my heer aangestel het.
Afrikaans (NLV) 2011 As sy vir my sê: ‘Sekerlik, drink gerus, en ek sal sommer vir jou kamele ook water gee!’ — Here, laat sý die een wees wat U bestem het as vrou vir die seun van my meester.’
Afrikaans 1933/1953 en wat my sal antwoord: Drink u self, en ook vir u kamele sal ek skep -- sy is die vrou wat die HERE vir die seun van my heer bestem het.
Afrikaans 1983 en as sy vir my sê: ‘Drink gerus maar, en ek sal vir jou kamele ook water skep,’ is sy die vrou wat deur U gekies is vir die seun van my eienaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en sy my dan antwoord, “Drink jy, dan sal ek ook vir jou kamele skep,” dat sy die vrou sal wees wat die Here vir die seun van my heer bestem het.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En as sy vir my sê: “Jy mag drink, en ek sal vir jou kamele ook water skep,” dan sal ek weet sy is die vrou wat die Here vir my eienaar se seun gekies het.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As sy instem en ook water vir my kamele aanbied, sal sy die vrou wees wat U vir my eienaar se seun gekies het.’