Genesis 24:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het vandag by die put gekom en gesê: HERE, God van my heer Abraham, as U my weg wat ek gaan, nou voorspoedig maak!
Afrikaans (NLV) 2011 “Vanmiddag, toe ek by die fontein aankom, het ek so gebid: ‘O Here, God van my meester Abraham, laat my tog asseblief slaag.
Afrikaans 1933/1953 Ek het toe vandag by die fontein gekom en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, as U dan my weg waar ek op gaan, voorspoedig wil maak --
Afrikaans 1983 “Toe ek vandag by die fontein kom, het ek gebid: Here, God van Abraham wie se slaaf ek is, laat my tog slaag in my onderneming.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het vandag by die fontein aangekom en gesê, ‘ Here, God van my heer Abraham, as U my reis waarop ek tans is, tog maar goed wil laat afloop!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het vandag by die fontein gekom en ek het gebid: ‘Here, God van my eienaar Abraham, help my om reg te kry wat ek moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Toe ek vanmiddag by die fontein aangekom het, het ek net gebid: ‘Here, U is die God van meneer Abraham, help my asseblief met wat ek moet sê en doen.