Genesis 24:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal jy van hierdie my eed ontslae raak as jy by my familie kom; en as hulle jou nie een gee nie, sal jy vry wees van my eed.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar as jy na my bloedverwante gaan en hulle weier dat sy kom, sal hierdie eed jou nie meer bind nie.’
Afrikaans 1933/1953 Dan sal jy ontslae wees van die eed aan my: as jy by my geslag kom en hulle haar aan jou nie wil gee nie, dan is jy ontslae van die eed aan my.
Afrikaans 1983 Jy sal slegs van jou eed vrygestel wees as jy na my familie toe gaan en hulle nie instem nie. Dan is jy vry.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net dan sal jy vry wees van die eed aan my – as jy na my grootfamilie gaan en hulle gee haar nie aan jou nie. Jy sal dan vry wees van die eed aan my.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As jy by my familie kom en hulle wil haar nie vir jou gee nie, dan kan jy nie doen wat jy vir my belowe het nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As my familie weier dat sy saam met jou terugkom, is jy vry van jou eed en van al jou verpligtings.’